Loopbaan-oorsig

Piet Smit se openbare betrokkenheid in musiek het in die laat 70's begin as agtergrondsanger in Pretoria se kroe‘ en restaurante. In 1989 kom hy tot bekering en begin hom toespits op die skryf- en uitvoering van geestelike liedere.

Sedert sy toetrede tot 'n voltydse sangbediening in Mei 1994 het Piet al verskeie albums die lig laat sien - insluitend drie Nederlandstalige CDs. In Mei 2011 het sy 31ste CD verskyn. Vyf van sy produksies het reeds goue status bereik. Sy tweede album 'Heer U maak my nuut' het in 1999 Platinum status bereik - 'n prestasie wat nog deur geen ander oorspronklike, geestelike solo album in Suid Afrika nagedoen kon word nie.

Piet se bediening fokus op innerlike genesing en hy het 'n passie vir stukkende mense wat uitgesak het in die lewe. Op die verhoog put hy uit sy eie persoonlike geestelike neerlae en oorwinnings en verweef dit, saam met sy liedjies, in 'n storie waarmee die meeste luisteraars kan vereenselwig. Al sy liedere word gebore uit eie ervaring sowel as uit sy eie verhouding met die Here Jesus. Sy opregte begeerte is om sy talent uitsluitlik tot eer van God te gebruik.

Piet se musiek is gewortel in die 'Country & Folk' style van die '70s - met 'n baie rustige, een-stem-een-kitaar klank in die 'Vertellende-Luisterliedjie' genre. Soos sy talent egter deur die jare ontwikkel het, het sy musiek met verskeie ander style vermeng. Soms bevat dit sterk tradisionele Afrika ritmes of meer kontemporre klanke. Met sy ryk bariton stem het Piet selfs ook al op ligte opera-materiaal geleun.

Piet Smit het reeds in die oorgrote meerderheid van stede en dorpe in ons land en ook in Namibi‘ opgetree. Hy het ook al vele toere en optredes gehad in Engeland, Europa, New Zeeland, Australi‘, die VA Emirate, Kanada en die VSA. Sedert 2004 besoek Piet Nederland en Belgi‘ elke jaar en het hy ook daar 'n huishoudelike naam geword - veral oor die Nasionale Nederlandse Christelike Radiostasie - EO (Evangelische Omroep). Sy CDs word al jare lank, amptelik in Nederland versprei.

Piet is reeds sedert April 1978 getroud met sy vrou Elmarie en woon vandag in Moreletapark in Pretoria. Hulle het twee seuns : - Johan, 'n Elektroniese Ingenieur en Leon, 'n Jeugleraar.

Piet is 'n ywerige en ervare  SCUBA duiker en 'n gereelde besoeker by sy plaaslike 'Gym'.