0

DAGBOEK van OPTREDES

Terug na TUISBLAD

Back to HOME PAGE

My dagboek vir 2023 is oop vir besprekings.

Stuur gerus jou optree versoek per e-pos na: psmusiek@gmail.com

Ek tree normaalweg op in Kerke, waar ek die Gemeente Erediens waarneem
met 'n boodskap in sang. Maar - ek tree ook gereëld op by Aftree-oorde, Ouetehuise, Gospelfeeste en selfs privaat optredes soos
Troues en Begrafnisse.

Ek bring my eie klankstelsel en het ook 'n volledige buitelug
klankstelsel - vir gemeentes wat 'n opelug optrede sou wou reël.

BESPREEK 'n OPTREDE

Ek werk nie deur 'n agent nie. U kan dus 'n optrede direk met my of my vrou Elmarie reël.

Stuur asb 'n e-pos, met die onderstaande inligting, na : psmusiek@gmail.com

U Naam : ................

U Kontaknommer : ................

Kerk of Instansie : ................

Dorp of Stad : ................

Verlangde Datum en Tyd vir die optrede : ................ 

Alternatiewe datums : ................   (Gee asb nog twee ander datums in volgorde van u voorkeur)

Enige bykomende inligting wat u wil deurgee : .............

FINANSIES :

Ons vertrou die Here vir ons inkomste en vra nie 'n vasgestelde fooi nie. Die optredes is egter ons enigste bron van inkomste. Ek versoek dus die Kerk / Instansie om te bid oor die bedrag en my te betaal vir die optrede soos die Heilige Gees u lei. Enige billike bedrag wat u kan bekostig sal voldoende wees. U kan die bedrag EFT of direk vir my in kontant gee na die optrede.


Bankbesonderhede - Indien 'n elektroniese oorplasing (EFT) gedoen word :

        Piet Smit Musiekbediening

        ABSA - Woodlands tak

        Tjekrekening # : 3490 142 826


BEMARKINGSPLAKKATE :

Daar is verskeie opsies van elektroniese plakkate beskikbaar hier op my webwerf. Klik op die skakel  "PLAKKATE" - hier of op die Hoofblad. U kan enige van die JPG foto's gratis aflaai en op papier uitdruk in A4, A3 of selfs A2 grootte. (Regs-klik op die plakkaat en kies Save Image As ...)


Daar is ook 'n paar kleiner, algemene foto'tjies vir gebruik in die sosiale media. Laai die geskikte JPG file af, voeg die detail van PLEK, DATUM & TYD as 'n nota by en stuur dit dan per WhatsApp vir gebruikers van Slimfone & Tablets op die gemeente se poslys.


PERSOONLIKE VERSOEKE :

Hulp by die optrede :

Ek arriveer normaalweg by die kerk of saal, 90minute voor die aanvang van die optrede. Twee paar ekstra hande om die klanktoerusting te help aflaai, sal BAIE waardeer word.

(Ekstra hande vir klank oplaai na die optrede sal uiteraard ook baie welkom wees.)

'n Tafel en twee persone om te help met CD verkope na die optrede, sal baie waardeer word.


Verblyf :

Indien ek moet oorslaap, vóór of ná 'n optrede, is dit die veronderstelling dat die Kerk/Instansie asb oornagverblyf in 'n gastehuis sal voorsien - met 'n ligte aandete en ontbyt ingesluit. Indien daar nie verblyf in 'n gastehuis beskikbaar is nie, moet u asb alternatiewe reëlings met ons tref. 


Kos en Eetgoed :

'n Botteltjie suiwer, stil water vir tydens die optrede sal baie waardeer word.

Ek is regtig nie kieskeurig oor kos nie. Twee dinge wat ek egter ten alle koste vermy is :

                  KNOFFEL en KOS WAT MENS SE MOND BRAND

Terug na TUISBLAD

Back to HOME PAGE